Theo Oberholzer breek struikelblokke af

Foto ingestuur: Theo Oberholzer neem deel aan die SASDAPD-spele.

Theo Oberholzer is ‘n gewone kind met ‘n buitengewone storie.

Gebore en getoë in Newcastle, het hy ontwikkel tot die spontane en liefdevolle kind wat hy vandag is, ten spyte van die struikelblokke in sy lewenspad.

Op 18-maande-oud het klein Theo ‘n beroerte gehad en is breindood verklaar.

ALSO READ: Xander van der Linde is Newcastle’s Golden Boy

Volgens die dokters sou hy nooit weer self kon loop, praat of hoor nie, maar na jare se intensiewe oefening, word sy verhaal vandag oorvertel as een van hoop, deursettingsvermoë en insprasie, en deur dit als bly Theo ‘n doodnormale seun wat elke vry minuut agter sy rekening deurbring.

Theo is, ten spyte van sy tekortkominge ‘n kranige atleet wat tydens die nasionale byeenkoms van die South Africa Sport for the Physically Disabled (SASAPD), wat vanjaar in Bloemfontein gehou is, uitgeblink het as een van die top presteerders.

Die jong Amajuba Hoërskool leerder, het op die ryp ouderdom van 16-jaar-oud hierdie jaar vir die eerste keer deelgeneem aan die SASAPD-nasionale byeenkoms waar hy 2 goue medaljes vir diskus en gewigstoot verower het.

As mens vandag met hom praat sou Theo sy sukses toeskryf aan die ondersteuning van sy ouers.

“Theo se grootste inspirasie is sy pa. Hy het nooit opgegee met Theo nie,” het Theo se ma, Amelia gesê.

As Theo se afrigter sal hy nagte deur op die internet deurbring vir beter maniere om Theo se sport te bevorder en hoe om dinge anders te doen om vir Theo die lewe makliker te maak.

ALSO READ: NHS: Sthembiso Thusi selected for International Science Olympiad

“Hy was nog altyd daar vir Theo, wanneer hy sukkel en wanneer hy presteer.”

Met sulke prestasies laat Theo dit maklik lyk om op nasionale vlak so te prestreer, maar hy sal mens gou laat verstaan dat dit nie kom sonder harde werk en uitsonderlike fokus nie.

“Theo gee nie maklik op nie, vir hom bestaan daar nie ‘n kan nie of ‘n wil nie,” beskryf sy ma.

Theo pak elke nuwe dag aan met ‘n glimlag op sy gesig en ongelooflike passie, en sy storie is ‘n werklike inspirasie.

Also remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages.

Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

Remember to read our WhatsApp disclaimer.

You can also email our offices on Reveshni Douglas at [email protected] or [email protected] Bruce Douglas at [email protected] Tersia Gopi at [email protected] Zianne Leibrandt at [email protected]

  AUTHOR
F.C. Pelser

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Newcastle High School class of 1988 reminisce over the ‘good-old-days’

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: