‘n Huldeblyk aan oom Naas van Rooyen

Naas van Rooyen.

Hoe teken ‘n mens ‘n prentjie van iemand wat oorlede is?

Daar is so baie wat onlosmakend deel is van ‘n persoon; al die klein details, sy verlede, sy gewoontetjies, die manier waarop hy praat.

Dit is in daardie dinge, en vele ander, waar die volheid van lewe vasgevang is, wat so moeilik is om te herskep deur blote woorde.

Dit is in die sestiger jare dat oom Naas by Hoërskool Volksrust aangesluit het.

Hier het hy sy stem dik gemaak op die stoepe en in die klaskamer waar talle leerlinge sy unieke manier van klasgee ervaar het.

In sy geliefde biologieklas sou hy menigmaal verwys het na die tuinwerker wat meer sou weet as die kinders in die klas as dit gekom het by die voortplanting van die erdwurm.

Hy het jou elke dag laat toets skryf oor die vorige dag se werk en as jy swak gevaar het, moes jy dieselfde toets vir die volgende dag uitskryf:

“Vir more, 3 maal.”

En hy het die toetse getrou elke dag gemerk, sy tyd opgeoffer vir baie kinders wat toe ondankbaar was en tog later die vrugte gepluk het van sy arbeid.

Dit was sy doel om elke leerder die kans te gun om sy vak met die beste resultate te slaag.

Baie het dit toe nie besef nie, maar ek is seker dat baie wat by hom klas gekry het tot vandag nog kan sê dat Naas van Rooyen Biologie gemaak het.

ALSO READ:

Oom Naas het op ‘n stadium in die tagtiger jare ‘n bus opgebou om die kinders te vervoer na sportbyeenkomste en daardie bus was sy definitiewe trots.

Nie net het hy gewys hy is ‘n ywerige onderwyser nie, maar ook ‘n uitstekende werktuigkundige.

Selfs sy wit Ford Capri is van niks af opgebou. Hy was nie iemand wat blink geleef het nie maar sy waardes was opreg.

Mens sou hom kon probeer beskryf as iemand wat nooit ledig kon rondsit nie en tog altyd tyd gehad het om ‘n geselsie aan te knoop.

Op die golfbaan het hy sy golf geniet en op die vyfde putjie het hy altyd sy appel uitgehaal en dit geëet.

By putjie negentien het hy sy kopie tee gedrink en dan het hy sy stokke geneem en is hy huis toe.

Maar die tyd wat vir niemand wag nie het ook vir oom Naas ingehaal en is woorde maar leë klanke wat verdof.

So het die tyd gekom vir oom Naas om sy rusplek in te neem in die alomteenwoordige tyd van God se ryk.

Sy Biologieklas is vol in die hemel en ek is seker daar is ‘n paar engele wat met sy rottang bygekom word as hulle nie hul werk leer of uitgeskryf het nie.

Sy teenwoordigheid woon in almal wat hom geken het, so asof ons daardie verantwoordelikheid aanvaar het toe ons hom ontmoet het, sonder dat ons selfs gevra was.

Sy word in die heelal reflekteer, waar dit die aarde met hul skakerings kleur en bloei in die sonsondergang, ‘n melodie van herinnering in elke aand.

“Ons Volkies sal jou onthou, oom Naas. Gaan leef die Ewige Lewe 300 maal!”

 

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages.

Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

and BBM pin D1EF333B.

You can also email our offices on Reveshni Douglas at [email protected] Quinton Boucher at [email protected] Bruce Douglas at [email protected] Tersia Gopi at [email protected] Zianne Leibrandt at [email protected]

  AUTHOR
Zianne Leibrandt

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
BREAKING NEWS: Vintage railway locomotive arrives at Fort Amiel Museum – (Photos)

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: