Moet dit nie misloop nie: Lollos kom dorp toe

Gedurende die Lollos 9 – Mallemeule konsert sal daar natuurlik ook ‘n paar van ons ou gunstelinge van die vorige CD’s en vertonings wees!

Lollos besoek Newcastle op September 15, en sal n vertoning hou vir kinders by Ferrum Hoërskool van 5.30nm.

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van 1-10 jaar oud.

Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans, die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hul ook iets leer.

Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.

Lollos stel jaarliks ‘n nuwe produksie, CD en DVD bekend. Hierdie produksie, Lollos 9 – Mallemeule is nog splinternuut en is April 8 by die KKNK in Oudtshoorn bekend gestel.

Lollos het tot op hede agt CD’s en DVD’s uitgereik waarvan ses platinum status bereik het.

Lollos het ook ‘n SAMA toekenning gewen vir die beste kinderalbum; ‘n Ghoema toekennning nominasie in 2015, en dan het ons ook in 2015 die Tempo Toekenning gewen vir die topverkoper DVD.

Lollos en die karakters is so gewild dat ons oor die afgelope paar jaar ons eie reeks produkte bekendgestel het wat onder andere storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere,

sagtespeelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ‘n Lollos partytjiereeks en dies meer insluit.

‘n Hele paar van hierdie items sal ook op die dag by die konsert te koop wees.

Bietjie meer oor Lollos 9 – Mallemeule

Willa die Gorilla het vir Lollos en Lettie uitgenooi vir ete, maar hy háát dit as iemand laat is!

Willa is die baas van Aapstert Bos, ‘n wonderlike pretpark met ‘n Tuimeltrein en ‘n Wolkie Wiel en alles wat lekker is.

Lollos, Lettie, Disco en Karla spandeer die hele dag in die park en geniet die speletjies en pretritte terdeë terwyl hulle nuwe liedjies sing soos Voer die Varkie Vet, Woep-Wap en Lalalollie.

Maar, sal hulle onthou om betyds te wees vir hul afspraak?

Gedurende die Lollos 9 – Mallemeule konsert sal daar natuurlik ook ‘n paar van ons ou gunstelinge van die vorige CD’s en vertonings wees! ‘n Vertoning is ongeveer 45-50 minute lank.

Daar is vier akteurs in die vertoning: Lollos, Lettie, Disco en Karla.

Kaartjies en navrae is beskikbaar by [email protected] of 082 868 3056, 082 743 8329 en 082 410 7682.

  AUTHOR
Quinton Boucher
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
SCHOOLS: NSPS achieve excellent results during eisteddfod