Volksrust Hoërskool is die trotse Hokkieskool van die jaar

Professor Fika van Rensburg, Dekaan van Noordwes Universiteit, oorhandig die Hokkieskool van die Jaar trofee aan die Prinsipaal van Volksrust Hoërskool, mnr Jan Ferreira.

Veels geluk aan Hoërskool Volksrust wat weereens as Hokkieskool van die Jaar bekroon is by die pas-afgelope PUK-16 reeks.

Die skool bedank die volgende afrigters vir hulle harde werk:

– Onder-14 – me. Mariaan Pringle

– Onder-15 – me. Daniel Houy

– Onder-16 – me. Karlie van der Westhuizen

– Tweede span – me. Marika Rossouw en

– Eerste span – me. Nicolette Strydom.

Die skool rig ook ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Shaugne Wilken vir al sy harde werk met die doelwagters.

Die uitslae is soos volg:

– Onder-14 span speel teen Fochville en eindig algeheel eerste in die PUK-16 reeks. Hulle wen met ‘n pragtige telling van 6-0.

– Elanie Hepburn word aangewys as Speler van die Wedstryd.

– Onder-15 span wen die beker met ‘n telling van 7-1.

– Ichelle Hepburn word aangewys as Speler van die Wedstryd.

– Onder-16 dogters wen Vryburg met ‘n pragtelling van 7-1. Hierdie span van Volksrust eindig ook algeheel eerste in die PUK-16 reeks.

– Marizelle Deacon is Speler van die Wedstryd.

– Tweede span wen 5-0 teen Vryburg.

– Dikonelo Matsheu word aangewys as Speler van die Wedstryd.

– Eerste hokkiedogters speel teen Bekker en wen ook hulle wedstryd met 2-1.

– René Ernst word aangewys as Speler van die Wedstryd.

Die eerste ligawedstryde vind plaas op 6 Mei teen Oosterland op Secunda. Kom ondersteun gerus die spelers.

  AUTHOR
Zianne Leibrandt

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Give an animal a loving home; adopt a pet at the SPCA