BRIEF: Gee die munisipaliteit om vir die gestremde?

Mevrou –

Ek wil hiermee ‘n saak aanroer in u gewaardeerde koerant.

Ek is seker daar is baie eienaars van voertuie wat die nodige kenteken op die voorrruit aangebring het dat magtiging verkry is om ‘n parkeerplek vir gestremde persone te gebruik.

Dit blyk egter dat die Newcastle Munisipailteit, en veral die verkeersafdeling, geen duit omgee vir gestremde persone nie.

Ek verwys hier spesifiek na die min afgebakende parkeerplekke vir gestremde persone, veral by sakesentrums. As daar wel sulke parkeerplekke is, word dit gebruik vir trollies.

Party van die sakesentrums het geen sodanige parkeerplek nie, en as jy navraag doen is die antwoord dat dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid is. Ek wonder of dit nie tyd is dat van die raadslede en bestuurspersoneel van die munisipaliteit in hul motors klim en self kyk wat aangaan in die dorp se parkeerplekke nie. Hulle kan dan self sien in watter haglike toestand sekere ingange na die sentrums is en hoeveel parkeerplek daar vir gestremde persone is.

Willie Venter

Response from the Editor:

The letter above was sent to the Newcastle Municipality for comment. At the time of publication, they had failed to acknowledge this request.

  AUTHOR
Reveshni Moodley
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
LETTER: Janneman is safe in Heaven now