Schuinshoogte Voortrekkers bedank die gemeenskap van Newcastle

Schuinshoogte Voortrekkers
Siephan Atterbury en Etienne Ravensteyn van Time Freight wie vir die Voortrekkers, die laaste vrag van 100kg gratis vervoer het.

Article submitted

Ons Knysnaprojek is met groot sukses afgesluit.

Talischa en Miané de Kock as ook LJ van Staden, die Kommando Jeugleiers, wil net namens die Voortrekkers vir almal baie, baie dankie sê vir al die donasies wat ontvang is.

Hulle se: “Ons is dankbaar vir elke skenking want sonder U donasies sou hierdie projek nie ‘n sukses gewees het nie.

Dankie aan Siephan Atterbury en Etienne Ravensteyn van Time Freight, wie vir ons, ons laaste vrag van 100kg gratis vervoer het. Ons het in totaal 623.10kg met die ondersteuning van Newcastle se gemeenskap ingesamel. Baie dankie.

Waarom dan Voortrekkers?

“Ons doen lekker dinge by die Voortrekkers. In die laerskool speel ons soos ons ouers net van kon droom het. Ons bak en brou, leer ken die veldlewe en doen nog baie ander lekker dinge saam.

Ons kamp gansdans en sokkie, en ons is nie outyds nie man! Verkenners is die hoërskool kinders. Hier leer ons baie oor lewensvaardighede, sodat ons die lewe kan aangryp na skool.

Ons beskryf ons karakter met net drie lettertjies, ABC. Dit sê dat Voortrekkers gaan oor moderne Afrikanerskap, positiewe burgerskap en konsekwente Christenskap (ons wil God in alles met alles dien).

Word deel van die Voortrekkers. Vanaf Gr RR ouers. Kom belê in jou kind (ers) se toekoms en in ons Taal en Kultuu. Kom verryk jou kind en kom beleef die avontuur van Voortrekkers wees.

Kontak Pendie van Staden (Kommandoleier) 0834191123 vir meer inligting.

  AUTHOR
Tersia Gopi

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Schuinshoogte Voortrekkers sê baie dankie aan diegemeenskap van Newcastle.

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other