Letter to the editor

woorde
Photo sourced from pixabay.com

Mevrou – Dit is met ‘n swaar gemoed dat ek hierdie skrywe aan u rig.

Ons woon in ‘n pragtige skoon dorp met ‘n lowergroen omgewing na die wonderlike reëns.

As ek egter terugdink, het die Advertiser ‘n paar jaar gelede berig van plante, bome en struike wat ‘n mens nie in jou tuin mag plant nie.

Onder andere die selonsroos en die wilde tabakboom. Ek en my gade woon langs ‘n veld waarvan die gras al hemelhoog groei, en die wilde tabakboom welig daarmee saam.

Mevrou, as ek soos ‘n voornemende inbreker sou dink, dan sou ek die omgewing langs hoë mure met hoë gras en wilde tabakbome as my volgende stop sien. Wie sal die inbreker

raaksien tussen welige hoë gras en bome? Te lekker man, ‘n inbreker se droom!

Ons woon in Sunny Ridge. Die hele Jadelaan het hierdie stuk veld langs hoë mure met gras wat so welig groei. Wat ek egter nie verstaan nie is hoekom die gras nie meer gesny word nie. Dit in is ‘n teelaarde vir misdaad.

Moord selfs. Wat help dit ons polisie probeer misdaad bekamp, maar ons skep die regte omgewing vir die misdadiger?

Ons is nie aan die slaap nie en hou ons omgewing baie goed dop. En hierdie veld het nou ‘n seer-oog geword. Dit is nie net in my eie omgewing nie, maar oral in Newcastle. Riete en gras kan gesny word vir voer vir lewende hawe as die munisipaliteit skouer aan die wiel sit.

Geniet ‘n kleurvolle Paasfees met bome waarvan die blare verkleur tot allerlei herfskleure. Dit is altyd goed om jou dag met ‘n lied in jou hart te begin. En onthou, die dag wanneer jy nie gelag het nie, is ‘n vermorsde dag!

Gaaitzi Goobi

  AUTHOR
Reveshni Moodley
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Thumbs up to the Oval Track